laat nag ligte
vat aan my ribbes
die bloudruk van jou hande
wetenloos bekend.
nanag dou
weerkaats in jou oe
die betekenis van gister
weerloos vervreemd.
haar winters
pas jou soos klere
my naam op jou lippe
woordeloos ontken.
droef gebeentes
omwentel jou vrees
my borste soos planete
roekeloos verken.
'n enkele ligstraal
onwetend alleen
die wag vir more
genadeloos verleng.
jy is 'n berg
wat niemand kan roep nie.
No comments:
Post a Comment