wat die agterkant van werelde kan sien
die weerkaatsing van ons herinneringe
die betekenis van gister?
Wie se woorde is dit
wat so ongeduldig knoop aan ons lied
die drade wat vertel van die onbekende
die vleg van more?
Drie maal meer as gewoonlik
sal ons moet kniel
by die altaar van ons hart -
Sy is vergewend
Die uurglas sand
drup een vir een
ons bestaan hier as besoekers
Niemand kan haar aanjaag nie