Monday, July 23, 2007

Jy

Is jy the real thing? Is jy genuine, diep en oopkop wyd soos 'n altyd daar dagboek pal? Of is jy soos die stoom wat styf vasklou teen my badkamer venster - hier terwyl ek kaal in die bad le maar weg teen die tyd wat ek my tande vlos? Kom, wys my 'n plek waar die lewe 'n winkelhaak in jou hart geskeur het. Kom vertel my waar jou bankbalans snags le en waar jy stilletjies die valstande van jou siel uithaal wanneer niemand kyk nie. Kan jy loshande teen die aftraende van die onbekende ry op 'n eenwiel fiets met 'n vlag in jou hand? Kan jy die groot swart letters van jou ware naam vry in die wind laat wapper, sonder Tip-ex of 'n blikkie Duplon dye?

Ms Anthrope

I don't need to know her name I know she is being crushed She dreams of my bosom where eagles are in love She thinks of the heron becaus...