Sover ek kan sien stap die glimagte
van jou en jou nuwe girl
oor die bladsye van my hart.
Elke voetslag dryf dieper
die kennis van 'n dagbreek
wat nooit sal kom nie.
En nou..
en nou moet ek weer
soos 'n boom sterf
sodat my hart
op nuwe bladsye kan klop.
Ek weet nie waar nie,
maar ek het 'n saad geplant.
Die doel en die kleur
van die onbekende plant
was nog nooit aan my ontbloot nie.
Miskien..
miskien was die saad nog altyd
die kiem wat ons twee versmoor het.
2 comments:
onthou, jy sal meeste van die saad wat jy plant, nooit self sien opkom nie.... maar dis daar.... diep gewortel..... lief vir jou. x cornel
"If you can look into the seeds of time, And say which grain will grow, and which will not, Speak." --Shakespeare (Macbeth)
Dooie bome bevrug die aarde,
lei in die nuwe aardklop.
Eekhorinkies verloor hulle akkers
as deel van die groter plan vir hulle
as tuiniers.
Lief jou ook.
T
Post a Comment