Wednesday, November 7, 2007

Keurbosfontein

Jy met jou naakte vel en trotse hart
Jy hou my styf op die oop palm van jou hand
en dra my hoog op die skouers van jou droe lyf

Niks kom hier naby jou nie
Nie eers die twyfel van die stadsjaap
of die gelag van die bobbejane op jou voorstoep nie

Hou my vas, Keurbosfontein
Hou my in jou maag sodat ek die aarde kan hoor draai
laat ek reen op jou gesig sodat ek nooit mag vergeet nie

1 comment:

skilpad said...
This comment has been removed by a blog administrator.

Ms Anthrope

I don't need to know her name I know she is being crushed She dreams of my bosom where eagles are in love She thinks of the heron becaus...